Enoch het teleurgestel – Cope

Die Congress of the People sê die finansminister, Enoch Godongwana se begrotingsrede was ʼn groot teleurstelling. Die party sê hy het nie die belangrike beleidsake aangespreek wat die land in ʼn krisis gedompel het nie. Cope se waarnemende voorsitter, Pakes Dikgetsi, sê die voortgesette gebrek aan belegging in die uitbreiding van nuwe en noodsaaklike infrastruktuur, sal groei en volhoubaarheid in die toekoms belemmer. Hy sê die ANC het die einde van geloofwaardige beleidskeuses bereik ná 15 jaar se slegte regering, wanbestuur en korrupsie: