Uumati geskors kort voor sy sou getuig oor prysvasstelling

Plaaslike berigte lui dat die nou geskorste besturende direkteur van Erongo Marine Enterprises Martha Uumati, blykbaar geskors is net voor sy voor die Namibiese Mededingingskommissie sou verskyn oor prysvasstelling. Erongo se moedermaatskappy, die Oceana-groep, vervaardig Lucky Star. Die Engelse dagblad, The Namibian, berig dat Uumati haar base gewaarsku het dat sy eerlik sal wees oor prysvasstelling in verband met gebruiksfooie aan titelhouers van visvangregte. Sy sou voor die kommissie getuig het maar kan nie meer nie omdat sy geskors is.