Trump moet betaal of James vat sy bates

New York se staatsprokureur-generaal, Letitia James, sê sy sal nie huiwer om beslag te lê op oudpresident Donald Trump se geboue, insluitend sy Wall Street-wolkekrabber in Manhattan, as hy nie sy boete vir bedrog betaal nie. Trump, sy twee oudste seuns en vennote is Vrydag skuldig bevind dat hulle ʼn dekade lank doelbewus finansiële bedrog gepleeg het. Hulle is beveel om meer as 6,7 miljard Namibiese dollar plus voor-vonnis-rente te betaal. James sê die omvang van Trump se bedrog is verstommend en finansiële bedrog laat ook slagoffers.