Begroting kan na verkiesing verander

Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, het sy kommer oor die stand van Suid-Afrika se ekonomie uitgespreek. Hy waarsku die voorgestelde begroting, wat gelewer is terwyl die land op pad is na die algemene verkiesing, kan ná die verkiesing verander. Groenewald noem spesifiek die moontlikheid van ‘n verhoging in belasting en brandstofheffings ná die verkiesing. Hy is ook bekommerd oor die potensiële uitwerking van globale ondernemingsbelasting op beleggings.