VN moet Hamas se seksuele mishandeling van vroue aanspreek

Israeliese verkragtingskrisis-sentrums het ‘n beroep op die Verenigde Nasies en ander internasionale liggame gedoen om wat hulle noem die “sistematiese, geteikende seksuele misbruik” van vroue tydens die Hamas-geleide aanval op Israel op 7 Oktober, aan te spreek. Die uitvoerende direkteur van die Vereniging van Verkragtingskrisissentrums in Israel, Orit Sulitzeanu, sê die eerste omvattende opname van veelvuldige verslae van seksuele geweld tydens die aanval “laat geen ruimte vir ontkenning of verontagsaming nie.” Hamas ontken dat sy vegters seksuele misdade uitgevoer het.