Transnet kry R47 miljard-waarborg vir herstelplan

Die Suid-Afrikaanse regering het Transnet voorsien van ‘n waarborg-bedrag ter waarde van 47-miljard Suid-Afrikaanse rand om sy herstelplan te ondersteun en onmiddellike skuldverpligtinge na te kom. Die finansminister, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede gesê die waarborg is gekoppel aan voorwaardes wat vereis Transnet moet op sy kernbedrywighede fokus, en die instelling moet privaat sektor vennootskappe instel. Godongwana sê ‘n privaat vennoot is verkry om hawehoof twee van die Durbanse houerterminaal op te gradeer, met die doel om privaat belegging te verhoog, tegnologiese vermoë te verbeter en bedryfsdoeltreffendheid te verbeter.