SA ‘gaan rowwe paar maande ervaar’

Die aankondiging van Suid-Afrika se verkiesingsdatum het politieke partye aan die skarrel. President Cyril Ramaphosa het amptelik aangekondig dat die algemene verkiesing op 29 Mei sal plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, gesels wat sê dat daar ‘n moeilike paar maande vir die land voorlê.