Geingob het persvryheid voor-op gestel

Persvryheid word in baie lande bedreig, maar Namibië het hom onder die administrasie van wyle president Hage Geingob onderskei as die land met die vryste pers in Afrika. Geingob se verbintenis tot persvryheid is geprys deur vele plaaslike joernaliste, media-vakbonde en instansies, wat sê hy het joernaliste toegelaat om hul ambag vrylik te beoefen – sonder vrees, guns of vooroordeel. Terwyl die nasie wag vir Geingob se staatsbegrafnis wat Sondag sal plaasvind, besin die media oor hoe hulle die ontslape president sal onthou. Die veteraanjoernalis Gwen Lister het op die nasionale uitsaaier gesê die verhouding tussen die media en Geingob was egter nie altyd ‘n wittebrood nie.