Maak vroegtydig planne om by lughawens uit te kom

Die Namibië Lughawensmaatskappy versoek diegene wat gedurende die naweek die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Eros-lughawe gaan gebruik om reëlings te tref om moontlike verkeersvertragings te vermy wat kan veroorsaak dat hulle hul vlugte mis. Die regering doen ‘n beroep op padgebruikers om verkeersreëls en -regulasies rakende motorstoete na te kom, om ‘n gladde proses vir internasionale hooggeplaastes te verseker wanneer deur die hoofstad beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder.