Beyoncé maak geskiedenis op countrymusiek-trefferlys

Beyoncé het geskiedenis gemaak as die eerste swart vrou bo-aan Billboard se Hot Country Songs-trefferlys toe haar lied Texas Hold ‘Em sy debuut as nommer een gemaak het. Haar ander nuwe country-liedjie, 16 Carriages, is in die negende plek. Beyoncé is ook die eerste vrou wat bo-aan die Hot Country én Hot R&B/Hip-Hop Songs-trefferlys pronk sedert die lyste in 1958 begin het. Albei enkelsnitte sal op die tweede uitgawe van haar Renaissance-trilogie beskikbaar wees wat na verwagting op 29 Maart vrygestel word.