SA verkiesing ‘n kans om van ANC los te breek: UDM

Die United Democratic Movement sê die komende verkiesings bied aan Suid-Afrikaners ‘n seldsame kans om los te breek uit die wurggreep van ‘n regerende elite, wat verwyderd is van die wese van demokrasie. President Cyril Ramaphosa het bevestig die algemene verkiesing word op 29 Mei gehou. Die UDM se nasionale sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê die party wil vorentoe aanspreeklikheid, deursigtigheid en etiese bestuur sien as die riglyne vir die land.