Manchester City nou net een punt agter Liverpool

Sokker: Erling Haaland van Manchester City se wendoel laat in die tweede helfte het uiteindelik Brentford se taai weerstand gebreek en ʼn sege van een-nul verseker. Met hierdie oorwinning het die heersende kampioene Arsenal verbygesteek en is nou net een punt agter Liverpool in die Engelse Premierliga. Die bestuurder Pep Guardiola sê hy is tevrede om al drie punte van die wedstryd te kry.