EFF in Gauteng sê Lesufi lieg vir die provinsie

Die EFF in Gauteng het premier Panyaza Lesufi se provinsiale rede verwerp. Die party sê Lesufi gaan voort om vir die mense van Gauteng te lieg. Die party voer aan Lesufi het in sy vorige toespraak beloof dat e-tol iets van die verlede sal wees. Naledi Chirwa-Mpungose van die EFF sê Lesufi het geen vermoë om e-tol te beëindig nie.