Vrydag as skool-vakansiedag verklaar

Die onderwys-ministerie het aangekondig dat Vrydag, 23 Februarie as ‘n skool-vakansiedag verklaar is. Dit vorm deel van die nasionale rou-reëlings vir president Hage Geingob se begrafnis naweek. Skoolhoofde, onderwysers en leerlinge word versoek om verteenwoordigende groepe van tussen 15 en 20 leerders in volle skool-uniforms saam te stel. Hulle sal Vrydag om 3-uur aan die amptelike optog deelneem. Die Khomas-streekraad sal die aflaaiplek en versamelpunt weldra aan die onderwys-direkteur deurgee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende onderwys-direkteur, wat sê dit is van toepassing op alle skole.