Tshwane span alle hulpbronne in om kragtoevoer te herste

Tshwane-burgemeester Cilliers Brink sê die metro gebruik alle beskikbare hulpbronne om die kragtoevoer na alle gebiede wat geraak word, vinnig te herstel. Groot dele van Tshwane het kragonderbrekings ondervind nadat hewige donderstorms die naweek elektriese infrastruktuur beskadig het. Brink sê elektriese spanne ondersoek alle voorvalle en werk onverpoosd om die kragtoevoer te herstel.