GirlCode maak reg vir tiende jaarlikse Hackathon regoor Afrika

Die organisasie sonder winsbejag GirlCode gaan sy tiende jaarlikse Hackaton aanbied met die tema Bemagtig Verandering Regoor Afrika. Die uitvoerende hoof, Zandile Mkwanazi, sê die inisiatief van bemagtiging deur tegnologie strek reeds oor tien stede in Afrika en speel ‘n groot rol speel om die werkloosheidskoers te verlaag deur geleenthede vir vroue. Mkwanazi sê tegnologie is noodsaaklik om ‘n volhoubare toekoms te skep en ‘n bydrae tot positiewe verandering regoor die vasteland te maak, terwyl dit vroue aanmoedig om deel te wees van gebiede waar mans vroeër oorheers het.