Partye moet kiesersapatie onder jeug aanspreek

Reaksie word ontvang op kommentaar deur Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing dat die jeug aangemoedig moet word om te stem. Hy het die invloed wat jongmense op vanjaar se November-verkiesing kan hê beklemtoon. Kosmos94.1 Nuus het met Duminga Ndala, die Landless People’s Movement-jeugbevel se leier gepraat oor wat gedoen kan word om kiesersapatie aan te spreek.