Enoch moet armoedetoelaes behou

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, versoek om nié noodverligtingstoelaes aan munisipaliteite en provinsies te besnoei nie. Die minister sal môre sy begrotingsrede lewer. Meer as 107 miljoen Suid-Afrikaanse rand is reeds in die 2023/2024-boekjaar van toelaes vir Kaapstad vir behuising en informele nedersettings besnoei as deel van landwye maatreëls. Hill-Lewis sê hulle maak ernstig beswaar teen enige verdere begrotingsbesnoeiings aan armoedeverligtingsbystand: