DA stel sy eie begroting bekend

Die DA het sy alternatiewe begroting bekend gestel, wat volhoubare ekonomiese groei en werkskepping vooropstel. Die party stel markgerigte hervormings voor, wat vra vir die verwydering van regerings-opgelegde struikelblokke na groei en die herlewing van instellings in staatsbesit. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal môre sy begrotingsrede lewer. Dion George van die DA vra die ontbondeling van Eskom en onafhanklike kragprodusente om die voortslepende kragkrisis aan te pak. George sê president Cyril Ramaphosa se administrasie het miljoene burgers in armoede en wanhoop gedompel: