Kommer oor persvryheid in Eswatini

Eswatini se nuwe premier Russell Dlamini het sy ampstermyn begin met ‘n dreigement om die media te reguleer. Hy het tydens ‘n vergadering met lede van die land se redakteursforum gesê hy sal die wetsontwerp op die mediakommissie wat lank op ys is, in werking stel om ‘n regeringsbeheerde reguleringsliggaam vir die media te skep. Hy was volgens wat berig word, uiters krities oor nuusinhoud, veral in onafhanklike koerante.