Vol bank hoor Amushelelo-aansoek aan

Die verhoor vir Michael Amushelelo se poging om sy vervolging vir geldwassery ter syde te laat stel, sal vandag deur regters Hosea Angula, Nate Ndauendapo en Thomas Masuku voorkom. Drie regters hanteer die saak omdat Amushelelo aanvoer dat die Strafproseswet en die Bankinstellingswet beide ongrondwetlik is. Amsuhelelo en sy vennoot Gregory Cloete staar 365 aanklagte vir ‘n Ponzi-skema in die gesig. Dit sluit in geldwassery, die bedryf van ‘n ongemagtigde bankbesigheid en die uitvoer van ‘n Ponzi-skema in, wat ‘n oortreding van die Wet op Bankinstellings is. Daar was ‘n tyd dat Amushelelo in buitelandse valuta gehandel het en in Duitse luukse voertuie gereis het.