Vragskip met vee in Kaapse hawe walg inwoners

Die Stad Kaapstad sê hy veroordeel die afskuwelike toestand waaronder diere op die Al Kuwait-skip vervoer word. Die boot wat 19 000 beeste vervoer, is tans in die Kaapstadse hawe vasgemeer. Die DBV het ʼn hofbevel gekry om die skip te inspekteer nadat ʼn verskriklike stank daaruit gekom het. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die stad waardeer die DBV-amptenare se proaktiewe pogings om die toestande op die skip te ondersoek: