Saftu vra spoedige ondersoek na banke

Die vakbondfederasie Saftu eis ‘n spoedige ondersoek na die beweerde diskriminerende praktyke van banke in Suid-Afrika. Dit volg nadat die Gelykheidshof in die Wes-Kaap beslis het die Finansiële Intelligensiensentrum moet verslae vrystel oor verdagte transaksies deur maatskappye soos Sekunjalo Investment Holdings en Tongaat Hulett. Banke soos Absa, FNB, Nedbank en Standard Bank, wat Sekunjalo se rekenings gesluit het, het opdrag om hulle risikobestuur- en voldoeningsprogramme te verskaf. Trevor Shaku van Saftu beskuldig die banke van rassisme en diskriminasie: