Kinders se vreugde toe sneeu-konvooi opdaag

‘n Chinese kommersiële vragmotormaatskappy het byna 30 000 Amerikaanse dollar spandeer om sneeu van die bevrore noordelike stad Harbin na ‘n spesiale behoefte-skool in die tropiese suidelike metropool Guangzhou te vervoer.

Dit was Beijing Truck Home Information Technology se amptelike demonstrasielopie van hul verkoelde vragmotors, maar vir die bestuurders en personeel wat aan die geleentheid deelgeneem het, was dit alles om die kinders se vreugde te sien.

Die konvooi het 3 300 kilometer gery tot by die Xingzhi Children’s Growth Centre .

Die vragmotors het toe die sneeu uitgegooi en byna 2 000 kinders met outisme en ander gestremdhede die kans gegee om vir die eerste keer ooit sneeu te ervaar en daarin te speel.

Foto: Verskaf