Winde beloof dat Wes-Kaap sonder beurtkrag sal wees

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê beurtkrag plaas steeds ʼn ernstige demper op die provinsie se ekonomiese groei, vererger werkloosheid en raak inwoners se veiligheid en waardigheid. Hy het in die Paarl sy provinsiale rede gelewer. Winde sê die provinsie het sedert beurtkrag begin het, tussen 48,6 miljard Suid-Afrikaanse rand en 61,2 miljard rand verloor. Hy sê die Wes-Kaap is op pad om die eerste provinsie in die land te word wat geen beurtkrag het nie: