Veediefstal bly in die nuus, uitdaging duur voort

Veediefstal, veral op klein skaal uit boere se krale en weikampe, kry net nie end nie. Oor die naweek is twee gevalle aangemeld, een in die Kamanjab-distrik en die ander in die Stampriet-distrik. Twee skape met ‘n gesamentlike waarde van 2 500 Namibiese dollar is geslag. In albei gevalle is die karkasse teruggekry en die beweerde skuldiges gearresteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat wat vertel hoe beeste ly voordat hulle geslag word.