Damvlakke daal verder

Die land se damme vertoon al slegter met die sentrale gebied wat 21,1 persent bronne oor het. Von Bach het 12 persent water. In die Ooste het Otjivero 5 persent water met totale bronne op 3,5 persent. Die grootste kommer is by die Hardapdam wat net 14,9 persent water oor het. Daar is 2,2 miljoen kubieke meter water uit die dam in die laaste week onttrek. Sou die dam geen invloei aanteken nie sal alle besproeiing teen einde Maart moet staak. Nautedam het 42,2 persent water en Oanob by Rehoboth 44,4 persent.