Vier-dag werksweek? Goeie tyd vir ‘n toetslopie

Namibië sal die tweede Afrika-land word, en een van slegs ‘n handjievol wêreldwyd, wat die vierdaagse werksweek gaan beproef. Die ses-maande loodsprogram sal in April vanjaar afskop, met deelname van ‘n diverse reeks nywerhede en besighede. Die inisiatief sal gelei word deur die organisasie 4 Day Week in vennootskap met Pulse HR Network Namibia. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom, Salomo Hei van High Economic Intelligence gepraat, wat sê nou is ‘n goeie geleentheid om dit op die proef te stel.