SA sukkel met Covid-fopnuus

Die buurland se gesondheidsdepartement sê ʼn stemboodskap wat op sosiale media die rondte doen, is misleidend. Die boodskap beweer mense wat teen Covid-19 ingeënt is, sterf. Die stemboodskap adverteer die gebruik van ʼn ongeregistreerde produk wat oor die toonbank gekoop word, Nature’s Choice Activated Charcoal, as oplossing om die beweerde sterftes te voorkom. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê geen sterfgevalle wat met Covid-19-entstowwe verband hou is aangemeld nie, buiten die drie wat die departement verlede jaar gerapporteer het: