Begroting het wesenlike impak op rand, dus op Namibiese dollar

Die Suid-Afrikaanse rand het Maandag sterker gesluit ná ‘n wilde week en is tans redelik bestendig voor die buurland se begroting Woensdag ter tafel gelê word. Die rand het verlede Maandag op R19 begin verhandel, en in ‘n stadium Dinsdag tot R18,80 versterk. Die geldeenheid het op dieselfde dag omgeswaai en skerp verswak tot die week se swakste vlak van R19,17 teenoor die Amerikaanse dollar. Gisteraand het die geldeenheid op R18.96 per dollar gesluit. Volgens plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gaan die Suid Afrikaanse begroting ‘n groot impak hê op die rand.

Erastus het verder aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibiërs moet aandag skenk aan die buurland se begroting en die wisselkoers, omdat die Namibiese dollar aan die rand gekoppel is.