Sommige skole in hoofstad dring aan op maskers-dra

Sommige skole in Windhoek het leerders se ouers in kennis gestel dat alle leerlinge van môre af maskers moet dra. Dit kom nadat Covid-19 gevalle by twee skole in Rehoboth voorgekom het. Daar is egter nog geen amptelike instruksies van die regering aan skole in die verband gegee nie. Die skole sê kinders wat sonder maskers opdaag, se ouers sal gebel word om vir hulle maskers te bring. Elke kind moet liefs twee maskers hê, vir ingeval een by die skool vuil word of wegraak. Kinders wat enige simptome toon moet vir Covid-19 getoets word en moet by die huis gehou word vir soveel dae as wat ‘n dokter voorskryf. Indien kinders positief toets, moet die skole ook in kennis gestel word.