Cyril sê SA sal aanhou veg teen klimaatsverandering

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa sê Afrika-leiers vra lank reeds vir dringende en praktiese optrede teen klimaatsverandering omdat die vasteland kwesbaar is daarvoor. Klimaatsverandering is by die Afrika-unie se beraad in Ethiopië bespreek. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het ʼn klimaatsverandering-reaksiefonds gestig wat alle regeringsvlakke en die privaat sektor byeen bring. Hy sê die land sal voortgaan om te veg teen die instelling van eensydige klimaat- en omgewingsgebaseerde aksies, beleide en belastings.