Kabeldiefstal ‘n groot finansiële las op Tshwane

Die Stad Tshwane sê kabeldiefstal en die vernietiging van die metro se eiendom het ʼn groot las geword. Verlede Maandag is skade van sowat 250 000 Suid-Afrikaanse rand aangerig by die Temba-watersuiweringsaanleg in Hammanskraal toe kabeldiefstal en die beskadiging van panele voorgekom het. Woensdag is nog ʼn voorval aangemeld. Die burgemeester Cilliers Brink sê kabeldiefstal en vandalisme plaas ʼn groot finansiële las op die metro se beperkte begroting.