Mbumba is die president, finish en klaar!

Nadat president Nangolo Mbumba die amps-eed op 4 Februarie afgelê het, het vrae sosiale media oorheers oor of hy die waarnemende president of die vierde president van Namibië is. Mbumba het president Hage Geingob, wat op 4 Februarie gesterf het, vervang. Mbumba die vierde persoon wat die amps-eed afgelê het. Kosmos 94.1 Nuus het met prokureur Kadhila Amoomo gepraat, wat sê dat Mbumba wettiglik as die vierde president van die land ingesweer is.