Fishrot-aansoek oor kurators slaag

Die aansoek van die Fishrot-beskuldigdes Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo om Harald Hecht en Pierre Knoetze van die Namibiese maatskappy PKF-FCS as kurators bonis aan te stel, is toegestaan. Regter Orben Sibeya het die aansoek in die hooggeregshof in Windhoek aangehoor en gelas dat die Namibiese kurators hul bates waarop beslag gelê is, bestuur. Verder het nog ‘n beskuldigde, Ricardo Gustavo, se prokureur, Trevor Brockerhoff, hom vanoggend aan die saak onttrek.