Kragonderbreking tref Karas-streek

‘n Groot kragonderbreking lê dele van die Karas-streek lam, veral by Noordoewer, Ariamsvlei en omliggende gebiede. NamPower sê dit is weens ‘n fout by ‘n transformator by die Harib substasie. Alle kraglyne en elektriese punte moet as “lewendig” hanteer word totdat die krag weer aan is, het NamPower gemaan. Kosmos 94. 1 Nuus het gepraat met Rudi Punzul, die terrein bestuurder by Tradeport Namibia Investments op Ariamsvlei, wat meer inligting gee oor die situasie.