Minister maak grondhervorming betalings bekend

Die Suid-Afrikaanse grondhervorming-minister, Thoko Didiza, maak vandag die bevindings bekend van die studie oor finansiële vergoeding wat aan begunstigdes van grondhervorming betaal is. Dit is deel van die regering se grondhervormingsplan. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die insigte wat uit die evaluasie na vore gekom het, sal gebruik word vir beleidsvorming en ingrypings in die program.