Kaapstad se Skool-hulpbronbeamptes neem toe

Die Stad Kaapstad sê sy Skool-hulpbronpersoneel het vanjaar van 60 tot 96 toegeneem. Die beamptes verleen hulp met leerderveiligheid, misdaadvoorkoming en die toepassing van dorps-verordeninge in gebiede rondom skole. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê daar was verlede jaar ʼn dramatiese toename in die beslaglegging op gevaarlike wapens by skole. Beamptes het op 2 866 items beslag gelê teenoor 826 in 2022.