SA Weerdiens waarsku oor verlengde hittegolf tot Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik oor uiterste brandgevaar in dele van Noordwes, die Vrystaat, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Hittegolftoestande met aanhoudende hoë temperature, wat bo die gemiddelde maksimums is, word deur die week voorspel. Hierdie toestande sal na verwagting versprei en meer gebiede beïnvloed tot Saterdag. Baie warm tot uiters warm toestande word oor die hele Wes-Kaap en Namakwa-distrik in die Noord-Kaap verwag. Inwoners word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.