Gautengse Onderwys-LUR besoek Primrose Primary na skoolhoof geskiet is
Gauteng se LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, besoek vandag die Primrose Primary School in Germiston nadat die 51-jarige skoolhoof Vrydag deur ʼn graad ses-seun geskiet is. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die skietvoorval. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die skoolhoof sterk na die voorval nog in die hospitaal aan en die leerder is in hegtenis geneem.