Richelieu Eagles verloor teen Nederland

Namibië se Richelieu Eagles het hul tweede eendag-wedstryd van die IRK mans-krieketwêreldbeker Liga 2 teen Nederland verloor. Namibië het eerste gekolf en is vir 123 uitgeboul, waarna Nederland 124 vir drie in 27,2 boulbeurte aangeteken het. Bernard Scholz het die Namibiese rekord verbeter en die eerste speler geword wat in 43 eendag-toernooie vir die land speel. Die toernooi word in Nepal aangebied.