Suid-Afrka vakbond pleit om minder belasting

Die vakbond Solidariteit vra die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, om in die komende begrotingsrede burgers te bevry van uitermatige belasting. Hy beveel aan die kategorieë vir persoonlike belasting word aangepas, en dat planne ingesluit word om ondoeltreffende besteding in sektore soos onderwys en gesondheidsorg te hanteer. Theuns du Buisson van Solidariteit stel ʼn spesiale voorkeurfonds van sowat vyf-miljard- Suid-Afrkaanse rand per jaar voor om verskeie nasionale kwessies te takel.