Seksuele teistering skande draal

Suid-Afrika se adjunkpresident Paul Mashatile se kantoor sê berigte dat hy en sy personeelhoof, Mduduzi Mbada, sy woordvoerder Vukani Mde beskerm, is vals. Media-berigte beweer Mashatile en Mbada het sedert Augustus verlede jaar nie teen Mde opgetree nadat hy van seksuele teistering beskuldig is nie, totdat ʼn onafhanklike ondersoeker teen die einde van verlede jaar aangestel is. Mashatile se kantoor sê die adjunkpresident weet daar is ʼn proses in die presidensie aan die gang om die bewerings teen die geskorste Mde te ondersoek.