Referendum Party betreur nie-aanvaarding by Veelpartyhandves

Die Referendum Party se leier, Phil Craig, sê die party is teleurgesteld, maar nie verras nie, dat die Veelpartyhandves sy aansoek om by hulle aan te sluit, verwerp het. Hy sê sy party het beloof hulle sal op nasionale vlak saam met die Veelparty-groep stem en help om die ANC uit die kussings te lig. Craig sê nie een geloofwaardige meningspeilingsmaatskappy het die Veelpartyhandves selfs ‘n buitekans gegun om ná 2024 die bewind oor te neem nie.