NSFAS ontplooi administrateurs by alle hoër-onderwys instellings
Die buurland se Nasionale Finansieringshulpskema vir Studente het administrateurs by alle instellings, TVET-kolleges en universiteite regoor die land ontplooi om registrasiehulp te verskaf. Hy het meer as 1,9-miljoen beursaansoeke ontvang. Die skema het in Januarie 2,8-miljard Suid-Afrikaanse rand aan universiteite uitbetaal. Dit sluit nie die berekening van fase-uitbetalings in wat die skema aan die begin van April gaan maak nie. ‘n Totaal van 580,1-miljoen rand is vooraf aan kolleges vir onderrig uitbetaal, en ‘n bykomende een-miljard-rand is opsygesit vir drie maande se toelae wat by registrasie betaalbaar is.