Varkgriep breek in George uit
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê ‘n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes is bevestig by varke van kleinboere aan die buitewyke van Groeneweidepark in George. Sowat 45 varke het tot dusver gevrek, en die gebied is onder kwarantyn. Die gemeenskap word ten sterkste aangeraai om nie enige varke of varkprodukte uit die gebied te verwyder nie. Meyer sê die virus is ‘n siekte wat slegs by varke voorkom en affekteer nie mense of ander diere nie.