ManU op dreef om onder Premierliga top-vier te eindig
Sokker: Manchester United het Luton Town met 2-1 verslaan om in die wedloop te bly en onder die Premierliga se top-vier te eindig. Dit beteken hulle kwalifiseer vir volgende seisoen se Kampioeneliga. ʼn Tweetal deur doelskieter Rasmus Hojlund, het die kragmeting vir Red Devils op Kenilworth Road te wen. Met hierdie sege het United die gaping tussen hom en vyfde-geplaaste Tottenham tot drie punte verklein en hulle is nou vyf punte agter Aston Villa wat vierde is. Die bestuurder, Erik ten Hag, sê hulle moes die wedstryd beter beheer het.