Volg Covid-19 voorkomings-protokolle by gedenkdienste
Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, moedig die publiek aan om Covid-19 voorkomings-protokolle te volg wanneer hulle gedenkdienste vir wyle president Hage Geingob bywoon. Dit volg op ‘n aantal Covid-19 gevalle wat op Rehoboth by twee skole aangemeld is – St. Joseph’s het een en die res is by Dr. Lemmer. Sedert 8 Februarie was daar 20 gevalle waarvan nege aktief is. Nangombe sê dat groot byeenkomste super-verspreiders van die virus is. Hy voeg by dat daar slegs in Rehoboth gevalle aangemeld is, en nêrens anders in die land nie. Die ministerie weet egter nog nie waar die infeksies begin het nie. Die skakelbeampte van die gesondheidsministerie, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die ministerie die situasie onder beheer het. As die gesondheid van die Rehoboth-leerders nie verbeter nie, sal hulle geskeduleerde uitnaweek uitgestel word.