Namibië neem SA-Israel volksmoordsaak na Vredespaleis

Namibië sal ‘n mondelinge verklaring by die Vredespaleis in Den Haag, Nederland, aanbied op 23 Februarie oor die Suid-Afrikaans-ingestelde volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Hof van Justisie. Die justisie-minister, Yvonne Dausab, sal Namibië se verklaring tydens die verrigtinge lewer. Professor Phoebe Okowa sal as regsadviseur die mondelinge argumente namens Namibië aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die media-ombudsman, dr. John Nakuta gepraat, wat sê dit is van groot betekenis vir Namibië.