SA publiek bekommerd oor glisofaat in Vaalrivier

Die Suid-Afrikaanse ministers van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, en Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, het kennis geneem van kommer by die publiek oor Randwater se gebruik van die chemiese onkruiddoder, glifosaat, om uitheemse indringerplante uit die Vaalrivier te verwyder. Rand Water se proses behels die fisiese verwydering van die plante, bio-beheer en chemiese middel-aanwending. ‘n Woordvoerder van die Omgewingsdepartment, Peter Mbelengwa, sê die indringerspesies van Suid-Amerika het teen ‘n ontstellende tempo weens rioolstortings toegeneem.